Mpuma-boer het Kongo-koors

Kongo-koors word aanvanklik deur ‘n vlooibyt veroorsaak

ʼn Boer van Mpumalanga wat Kongo-koors opgedoen het, is nie ʼn gevaar vir die publiek nie, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes Maandag gesê.

Die lewensgevaarlike siekte, wat deur ʼn vlooibyt veroorsaak word, kan tot onbeheersde bloeding lei. Boere en mense wat in die landboubedryf werk dra die grootste risiko om aan dié siekte blootgestel te word.

“Daar is geen rede tot kommer nie,” het Lucille Bloomberg, woordvoerder van die Instituut, aan EWN gesê. “Algemene kontak met ʼn pasiënt wat Kongo-koors opgedoen het, dra geen risiko nie. Die pasiënt is in isolasie en word dienooreenkomstig behandel om te verseker dat daar nie enige direkte kontak met bloed is nie.”

Drie afsonderlike voorvalle van Kongo-koors is sedert die begin van 2013 in Suid-Afrika aangemeld, berig EWN. Die gevalle was in Noordwes en die Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.