Mpuma-gesin sterf in huisbrand

vuurʼn Man, sy vrou en dogter is dood nadat hy sy huis in Vosman, Witbank, aan die brand gesteek het, het die polisie in Mpumalanga Woensdag gesê.

“Die man het sy gesin in die huis toegesluit voordat hy dit vroeg Dinsdagoggend aan die brand gesteek het,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die agtjarige dogtertjie is op die toneel dood en haar ouers het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.”

Volgens Mohlala was die man glo kwaad omdat sy vrou ʼn interdik teen hom bekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Ag nee jinne dis tragies. Wat besiel mense om sulke dinge te doen? Haak hul koppe uit? Is hul sielsiek?
Ek dink dis n baie wrede en pynlike dood. Dis goed dat die man dood is saam met die ander. Dink die gemeenskap sou hom uit mekaar skeur.
Dis werklik asof allerhande booshede besit neem van die mensdom. Dit raak erger en erger.
Kon hy nie net maar sy eie lewe geneem het en die res gespaar het nie?

Vanessa ·

Wanneer gaan die mensdom leer dat wanneer huwelikstrou verbreek word, daar net ellende volg vir elke lid v d gesin…. Ons nuwe generasie het verval in immorele waardes gelyk aan die van die wereld en hul nageslag boet daarvoor. Elke geskeide huisgesin dra letsels van een of albei ouers wat in meeste gevalle hul eie wil bo die van enige ander gekies het. Daar is uitsonderings maar die meeste paartjies kies die maklike weg wat toe eintlik in die moeiliker weg ontaard het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.