Mpuma help polisielede matrikuleer

Meer as 300 polisiebeamptes in Mpumalanga het nie matrieksertifikate nie, het die provinsiale polisie Woensdag gesê.

“Altesaam 392 lede het tans nie matrieksertifikate nie,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê. Mohlala het verduidelik dat ‘n matriekkwalifikasie voor 1994 nie ‘n voorvereiste vir indiensneming was nie. Hy sê programme soos Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding (ABET) is beskikbaar om beamptes te help om hul vaardighede en kennis op te bou. “Daar is ook ‘n program om NQF-vlak 5 te behaal wat deur die nasionale kantoor beheer word,” het Mohlala gesê. “Ons sal steeds die lewensgehalte van ons lede verbeter deur deurlopende opleiding en ontwikkeling.”

Mohlala sê 145 polisiebeamptes in die provinsie het nie rybewyse nie. Hy sê 31 van dié beamptes ontvang tans opleiding by ‘n bestuurskool om hul rybewyse te bekom en die ander het reeds hul leerderslisensies ontvang. Hy sê ‘n rybewys was voor 1994 ook nie ‘n voorvereiste vir indiensneming by die polisie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Besorgde Suid Afrikaner ·

snaaks dat my man aangesluit het by die polisie 1978 en die vereiste was matriek en GELDIGE motorlisensie! Kan nie glo dat reels so verander nie daarom is die SAPD is soos dit is vandag.
My man kan nie wag om af te tree nie want dit is groot joke! niemand het meer n passie vir hulle werk nie dit gaan net oor n salaris. By al die maatskappye moet jy matriek he wat maak die SAPD nou anders? Nie dat matriek jou enigsins meer help nie want mense met grade kry nie eens meer werk nie. Dit klink asof daar nou net lede aangestel gaan word om die syfers vol te maak en iemand gelukkig te maak maar nie kwaliteit kandidate nie. So kan is vir nog ewig aangaan……..

leana ·

Hoe het hulle in die eerste plek aanstelling gekry sonder matriek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.