Mpuma-inwoners gewaarsku oor reën

'n Leser het dié foto vandeesweek vir ons aangestuur. Die foto is in Bethal geneem.

‘n Leser het dié foto vandeesweek vir ons aangestuur. Die foto is in Bethal geneem.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het inwoners van Mpumalanga Donderdag gewaarsku oor moontlike oorstromings terwyl swaar reën in dié provinsie voortduur.

Volgens die departement van tradisionele sake het die Weerdiens aangedui dat die reën nog vir ʼn paar dae lank in die grootste gedeelte van die provinsie kan voortduur. “Mense in laagliggende dele word aangeraai om weg te beweeg van rivieroewers en hulle moenie vol riviere en laagliggende brûe oorsteek nie,” het Simphiwe Kunene, woordvoerder van die departement, gesê.

Die departement van waterwese in die provinsie monitor die riviervloei en vlakke van damme. Alle munisipaliteite is aangeraai om op bystand te wees.

Motoriste word versoek om versigtig te wees en nie oor brûe, wat reeds oorstroom is, of deur vloeiende water te ry nie.

Dakke is afgewaai van huise in Thaba Chweu, Nkomazi, Mbombela, Bushbuckridge, Umjindi, Mkhondo en Chief Albert Luthuli-munisipaliteite. “Sommige huise is herstel. Op ander plekke is tente opgeslaan en kospakkies word uitgedeel aan die betrokke families.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.