Mpuma-inwoners gewaarsku teen veldbrande

Argieffoto.

Mpumalanga-inwoners is Woensdag gewaarsku vir die moontlikheid van veldbrande weens hoë temperature en sterk winde.

Die provinsie se departement van samewerkende regering het gesê dié toestande heers veral in die Hoëveld-gebied en word tot Sondag verwag. “Die departement wil inwoners versoek om seker te maak dat hulle nie vure in oop velde maak nie, dat hulle alle vure beheer en seker maak dat alle vure heeltemal geblus is, voor hulle die gebied verlaat,” het Simphiwe Kunene, ʼn woordvoerder van die departement, gesê. “Ouers moet seker maak dat kinders nie vure maak nie. Alle motoriste word gewaarsku om stadiger te ry as hulle deur gebiede ry waar daar erge rook mag voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

Hoë temperature en sterk winde kan nie veld brande veroorsaak nie. Dit kan brande aanhelp wat deur die mens gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.