Mpuma-onderwysers in hegtenis geneem

skoolMeer as 20 onderwysers van Mpumalanga is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit R7 miljoen bedrieg het, het die Valke gesê.

Die onderwysers van Ehlanzeni- en Bohlabela-distrikte is by hul onderskeie werkplekke deur die Valke aangekeer. “Ons het 36 lasbriewe in Mpumalanga. Toe ek vanmiddag weg is, het ons reeds 22 in hegtenis geneem en die inhegtenisnemings duur voort,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. “Sommige van die onderwysers is by die skool aangekeer, terwyl ander by rondgaande onderwyskantore vasgetrek is. Hulle het glo die SAID deur belastingopgawes bedrieg en die betrokke bedrag is R7 miljoen.”

Ramaloko sê die onderwysers sal Vrydag in vier howe op aanklag van bedrog verskyn. “Hulle gaan in die landdroshowe in KaBokweni, Komatipoort, Bushbuckridge en Nelspruit verskyn.”

Die misdade is in 2012 gepleeg. “Tydens die tweede fase van die inhegtenisnemings sal ons beamptes van die SAID aankeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Seg Net ·

Dit is met ‘n swaar hart wat ek belasting betaal en sal dit baie graag wil terughou en in ‘n ander fonds inbetaal. Maar mense ek is so bang en ek seg bang om in vandag se dae in ‘n tronk te gaan sit en dit vir belasting, of vir wat dit werd is misdaad.

Eben ·

Dit sal interressant wees om te weet watter skole dit is, asook die onnies se name. Iets vertel my dis ons mede broere en susters oor die kleur lyn

Grobbie ·

Alweer Mpuma-onderwys. Wat gaan aan in die plek. Hulle wil nou maar net nie hoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.