Vyf mense is dood nadat twee voertuie Sondagaand mekaar reg van voor naby Ermelo in Mpumalanga getref het.
Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van veiligheid in Mpumalanga, het Maandag gesê ʼn wit Toyota-voertuig met agt insittendes was onderweg na Piet Retief toe dit ʼn ander voertuig verbygesteek en in ʼn aankomende minibus-taxi vasgery het.
“Die Toyota se bestuurder en vier passasiers is op slag dood. Ses ander mense is in ʼn ernstige toestand na die Ermelo-hospitaal geneem,” het Mabuza gesê.
LUR Vusi Shongwe het sy meegevoel aan die families van die slagoffers betoon. “Hierdie tipe ongelukke kan verhoed word indien motoriste die padreëls gehoorsaam,” het Shongwe gesê.