Mpuma-onnies het glo arm kinders se kos gesteel

Argieffoto

Argieffoto

Ses laerskoolonderwysers van Mpumalanga word daarvan beskuldig dat hulle kos gesteel het wat aan arm kinders uitgedeel moes word.

Die onderwysers van Gugulabasha Primary School sal Dinsdag in die landdroshof in Standerton verskyn.

Die polisie het ʼn wenk ontvang dat kruideniersware gesteel word wat bedoel is vir die skool se voedingskema, het ʼn Sapa-korrespondent berig. “ʼn Stelsel is in plek gestel om die aantygings te ondersoek,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het ʼn lasbrief bekom om die skool te deursoek.”

Volgens Hlathi het die polisie tydens die klopjag kruideniersware in ses voertuie opgespoor. “Die betrokke onderwysers is in hegtenis geneem en hulle is aangesê om Dinsdag op ʼn aanklag van diefstal te verskyn.”

Hlathi beskryf die aanklagte teen die onderwysers, almal tussen 40 en 45 jaar oud, as “ontstellend”. “Hierdie skole is juis as gratis skole verklaar, aangesien meeste ouers werkloos en baie arm is. Dit is ʼn skande dat ʼn onderwyser van diefstal van kos aangekla moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

Dit gebeur oral. Ek weet van n geval waar die hoof self betrokke was en die saak by die dept. aangegee was met nul gevolge.

Chivago ·

En dan wonder mense waarom ek nie liefdadigheid ondersteun nie! Ek glo dat dit maar so gaan by die meeste “welsyns” organisasies.

AmY ·

Dis waarom ek nie vir liefdadigheid gee nie. Ek gaan en gee die kos in die persoon (ons Sondagskoolkinders) se hande self.

‘n Volwassene sal NIE die pakkie by my vat nie!!!

Stella ·

Let asb daarop dat dit nie die Welsynsorganisasie is wat die kos gesteel het nie, maar wel die ONDERWYSERS. Die kos is wel deur die welsynsorganisasie verskaf, dus is dit nie regverdig om hulle onder die slegte-kam te skeer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.