Mpuma-pastoor verkrag glo 17-jarige toe hy vir haar moes bid

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pastoor is Vrydag in verband met die verkragting van ʼn tiener in Mpumalanga in hegtenis geneem.

“Die man het glo die 17-jarige meisie by sy kerk in Siyabuswa verkrag,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder vir die polisie, gesê.

Die meisie se broer het haar na die pastoor geneem sodat hy vir haar kan bid omdat sy siek is. Die pastoor het die broer gevra om haar daar te los en dan weer later te kom haal. “Die man het die tiener toe glo gevra om haar klere uit te trek en hy het haar verkrag,” het Mohlala gesê.

Hy sal na verwagting Maandag in die Mdutjana-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.