Mpuma-premier spandeer glo R5 m. op motors

Premier Mabuza. Foto: GCIS

Premier Mabuza. Foto: GCIS

David Mabuza, premier van Mpumalanga, se kantoor het die aankoop van drie luukse voertuie van meer as R5 miljoen vir Mabuza se gebruik, verdedig.

The Star het Vrydag berig dat minstens een van die motors aangekoop is nadat Pravin Gordhan, minister van finansies, besparingsmaatreëls aangekondig het. Die voertuie wat aangekoop is, is ʼn Audi A8, ʼn BMW X5 en ʼn Range Rover, wat verlede maand afgelewer is. “Ons wil dit duidelik maak dat premier Mabuza nie ʼn motor gekoop het in die eerste twee jaar in sy amp nie,” het Zibonele Mncwango, woordvoerder van die premier, in ‘n verklaring gesê. “Hy het dieselfde voertuig gebruik wat deur die vorige premier, Thabanga Makwetla, gebruik is totdat dit begin probleme gee het.” Mncwango sê die motor het meganiese probleme begin gee, ʼn hoë kilometerlesing gehad en moes ingeruil word. Mncwango sê ʼn Range Rover is aangekoop maar het ook meganiese probleme gegee en is vir ʼn soortelyke motor ingeruil. Hy sê ʼn Audi A8 is in 2013 aangekoop indien daar probleme met die Range Rover is of indien die Range Rover gediens word. “Ons wil graag bevestig dat alle prosesse en regulasies gevolg is met die aankoop van beide voertuie vir die premier, gebaseer op sy regte.” Mncwango sê die premier het ook ʼn BMW X5 gekoop wat hy vir sy lyfwagte gegee het. “Die aflewering van ʼn BBP-voertuig vanaf die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na die provinsie is vertraag en die premier se wagte het nie ʼn motor gehad nie.”

Volgens die ministeriële handboek mag ʼn premier sy of haar motor inruil na 120 000 km of vyf jaar. Die koste van die motor mag nie meer as 70% van die premier se vergpoedingspakket wees nie. ʼn Premier se jaarlikse salaris is sowat R1,8 miljoen. Dit beteken ʼn premier mag ʼn motor van sowat R1,3 miljoen aankoop. ʼn Intreevlak Range Rover kos sowat R1,5 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mari ·

Miskien moet die 70% toelating van die salaris pakket hersien word. Voertiue gaan gekoop word maar is dit regtig nodig om van die duurste op die mark beskikbaar te stel as keuses? Lyk my die duurder voertuie gee meer ‘meganiese’ probleme as my eie ‘intreevlak’ Toyota!

Eben ·

Wonder met watter motor gaan hy vandag ry na die anc se party toe. David kyk hoe lyk ons paaie … sies man jou sleg hel!!

Demokraat ·

Die premier van Mpumalanga is duidelik nie gewoond aan geld en luukshede nie – sal die motors ook self nooit kon bekostig het nie. Maar noudat hy toegang tot belastingbetalers se geld het, nou koop hy links en regs – pryk dus met ander voëls se vere.

Dit kan ek van die Afrikane nie begryp nie – hulle leef nooit na hul vermoë nie maar het ‘n onblusbare obsessie na luukshede, rykdom en om te pronk. Die rykste presidente en regerings-hoëlui word in Afrika aangetref maar ook die armste bevolkings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.