Mpumalanga-paaie eis 10

Tien mense is dood en ses is beseer in twee afsonderlike ongelukke in Mpumalanga oor die naweek.

Joseph Mabuza, die woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, het Maandag gesê vyf mense, waaronder ʼn swanger vrou en ʼn vierjarige kind, is Sondag net ná middernag dood in ʼn ongeluk waarin vier voertuie betrokke was.

Die ongeluk het op die R573-pad tussen Kwaggafontein en Moteti plaasgevind. “Vyf mense is ernstig beseer en moes na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling,” het Mabuza gesê.

“Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en dronkbestuur teen een van die bestuurders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.