Mpumalanga-polisieman in hof oor diefstal

Argieffoto

‘n Polisiebeampte van Mpumalangawat daarvan aangekla word dat hy ‘n selfoon, wat as getuienis sou dien, gesteel het, is Donderdag op borgtog vrygelaat.

Sersant Gerald Sedibe, woordvoerder vir die polisie, het gesê ao. Ronnie Shisane (43) het in die landdroshof in Acornhoek verskyn op aanklag van diefstel en dwarsboming van die gereg. Shisane is in hegtenis geneem nadat ‘n selfoon, wat as getuienis in ‘n kriminele saak sou dien, vermis geraak het. Hy is op R1 000 borgtog vrygelaat. Hy sal weer op 18 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.