Mpumalanga sal weerlig-sterftes ondersoek

 

weerlig

Argieffoto

Owerhede in Mpumalanga het Vrydag gesê hy gaan die lewensomstandighede van konstruksiewerkers ondersoek nadat agt mans gesterf het toe weerlig hulle getref het.

“Die toestande waarin hulle leef is nie aanvaarbaar nie,” het Selati Matlejoane, direkteur van openbare veiligheid, gesê.

Nege mense is Woensdag in die provinsie dood nadat weerlig hulle getref het. Agt van die mense is dood terwyl hulle in ʼn tent in Witbank geslaap het.

Matlejoane sê hul reaksiespan het die gebied ná die voorval besoek en bevind dat 14 mense saam in ʼn tent geslaap het. “Agt was reeds dood en ses persone is na ʼn hospitaal geneem.”

Volgens die mans is hulle van Alexandra, Diepsloot en Soweto in Johannesburg en hulle is na Mpumalanga om daar te werk.

“Aangesien dit ʼn natuurlike ramp is, kan ons nie enigiemand blameer nie, maar iets moet gedoen word,” het Matlejoane bygevoeg. “Die eienaar van die konstruksiemaatskappy het op privaatgrond ʼn tent vir hulle opgerig. Ons moet bepaal of munisipale wette verbreek is, en indien wel, moet ons sanksies toepas.”

Nog ʼn man is op dieselfde dag in Middelburg dood. “Die man is deur weerlig getref terwyl hy saam met sy kind geloop het,” het lt.kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is onmiddellik dood en sy kind is kritiek beseer.” ʼn Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rondom Lelik ·

Nou raak die regering erg belaglik. Gaan hulle nou die wolke of die HERE aankla?

Trudie Erasmus ·

Ek wonder die man wat saam met die kind geloop het en ook doodgeslaan is deur die weerlig. Gaan hulle daar ook ‘n ondersoek loots en sanksies toepas?O die dowwe klomp

Kenko ·

Is dit nou onaanvaarbaar om in ‘n tent te bly? Hulle moet maar die volgende paar weke by ‘n paar kampeerplekke stop en uitvind of al daai tentbewoners dit onaanvaarbaar vind.

Eben ·

Selati Matlejoane verseker is dit nie aanvaarbaar nie maar die geld wat gebruik is vir zumaville kon n paar huise gebou het. Terloops is jou regering wat huise belowe het en nie kon voorsien wat al die mense in nood het.

Toe-toe gaan doen gou ondersoek vir ons!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.