Mthembu: ‘DA tart ANC’

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoJackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, sê die DA lok die ANC uit met hul voorneme om na die regerende party se hoofkantoor te betoog.

“Vir ons is die optog deur die DA ʼn uiterste uitlokking van die ANC. Dit kan niks anders wees nie,” het Mthembu gesê. “Wat gebeur indien ons lede kom om Luthuli-huis te beskerm? Ons moet hulle herinner wat gebeur het tydens hul vorige optog.” Mthembu verwys na die DA se optog in 2012 na Cosatu se kantore in Braamfontein. Cosatu-ondersteuners het DA-lede met klippe bestook. Die onluste-polisie is ontbied en traangas en ʼn waterkanon is gebruik om die groepe uitmekaar te hou. Mthembu sê die ANC wil nie in dieselfde situasie geplaas word nie. Hy sê die DA se voorneme om ʼn optog na nog ʼn politieke party se kantore te hou, is ʼn “resep vir ʼn ramp.” Helen Zille, leier van die DA, het vroeër gesê sy sal nagenoeg 6 000 van haar party se ondersteuners lei wanneer hulle op 4 Februarie ʼn optog na Luthuli-huis hou. “Elke DA-ondersteuner sal 1 000 werklose Suid-Afrikaners verteenwoordig. Ons vat die geveg na Luthuli-huis om te beklemtoon dat [president] Jacob Zuma se ANC misluk het om werk te skep en korrupsie uit te wis.” Zille sê die DA sal die ANC se belofte dat ses miljoen werksgeleenthede geskep gaan word as “vals” ontbloot. Sy het Zuma daarvan beskuldig dat hy die land se mense mislei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pieter potgieterp ·

Nee DA Zuma bedoel daar gaan ses miljoen minder werke wees na sy aliansie met die vyf jaar klaar is. Ook nie veel kos op die tafel nie.

JOHANNE BLOM ·

Pieter jy slaan die spyker op die kop daar gaan gaan minder werk wees en raai wat? Daar is mense wat so dom is en die ANC glo en weer gaan stem en die ANC EN SY ONDERSTEUNERS is baie onverdraagsaam.Hier gaan weer bloed vloei en die D/A behoort dit te weet.Hulle speel met mense se lewens.As ek ‘n D/A ondersteuner was sou ek beslis NIE gaan nie ek is nie dom nie.

Linda ·

Die feit dat die hele spul anc blixems asem haal tart enige lewendige wese… so anc druk die DA n drie en sny julle polsse asseblief –

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.