Mthembu: ‘Here help ons as Malema president word’

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die sogenaamde Ekonomiese Vryheidsvegters (EV) het die ANC se woordvoerder Jackson Mthembu as ʼn dronkaard bestempel na aanleiding van ʼn onderhoud waarin hy die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema gekritiseer het.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters, wat Malema en ander geskorste jeugligalede insluit, het Mthembu daarvan beskuldig dat hy Malema kritiseer as deel van ʼn sameswering teen die voormalige jeugligaleier wat deur president Jacob Zuma gelei word. Mthembu het Malema Woensdagaand tydens ʼn onderhoud op eNews gekritiseer. “Kan jy jou voorstel dat Malema die president van die land word? O liewe Heer mag daai dag nooit in ons leeftyd aanbreek nie, ook nie in die van ons kinders nie,” het Mthembu gesê. “Die dronkaard het so ver gegaan as om president Julius Malena as ʼn ‘bedreiging’ en ʼn ‘monster’ te bestempel’ op ʼn baie kinderagtige en dronk geïnspireerde wyse,” het die EV in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.