MTN-hoofkantoor ontruim ná bomdreigement

Die foto is deur die gebruiker @BrownArran op Twitter gelaai.

MTN se hoofkantoor in Fairland in Johannesburg is Maandagoggend ontruim na ʼn bomdreigement.

TechCentral berig dat werknemers intussen weer op hul pos is nadat die gebou deur die polisie se bomeenheid deursoek en niks gekry is nie. ʼn Persoon het glo om 8:00 Maandagoggend gebel en die dreigement gemaak. Intussen word daar berig dat Nigerië se Vangaurd koerant die naweek ʼn artikel gepubliseer het waarin die rebellegroep Beweging vir die Bevryding van die Niger-delta (Mend) gedreig het om MTN en Sacoil in Suid-Afrika te bom weens “beweerde inmenging van president Jacob Zuma in die groep se stryd om geregtigheid in die Niger-delta.” Die koerant het Mend aangehaal waar hulle glo gesê het: “In die donker dae om te kom sal MTN, Sacoil en ander SA beleggers ʼn hoë prys betaal vir Jacob Zuma se inmenging in die wettige stryd vir geregtigheid in die Niger-delta deur sy mense. Die Suid-Afrikaanse president het hom verminder na die posisie van ‘n gehuurde boef vir [die Nigeriese president] Goodluck Jonathan.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.