MTN meubileer Dlamini-Zuma se huis in Ethiopië

Die selfoonreus MTN het erken dat hy dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, kommissie-voorsitter van die Afrika-Unie, se huis in Ethiopië gemeubileer het.

Paul Norman, MTN se hoof van korporatiewe sake, het aan die Sunday Times gesê dat die maatskappy besluit het om meubels vir die huis in Addis Abeba te koop aangesien dit meer as tien jaar terug gemeubileer is. “MTN het gehoor gegee aan die Suid-Afrikaanse regering se beroep op Suid-Afrikaners om die nuwe kommissie-voorsitter van die AU te ondersteun … met meubels. Haar historiese verkiesing is ‘n groot sukses vir Suid-Afrika se buitelandse beleid. Sy is die eerste vrou in die organisasie se 50-jarige bestaan om die posisie te beklee.”. Volgens die berig word MTN ook verbind aan politici in markte elders in Afrika, insluitend die voormalige Liberiese president Charles Taylor en sy vriend Emmanuel Shaw. Albei word van oorlogsmisdade aangekla. In die Ivoorkus het MTN glo ook hulp verleen aan Laurent Gbagbo, wat tydens die burgeroorlog in die land as president uit die kussings gelig is. Die Sunday Times berig dat MTN gesê het hy sal voortgaan om geleenthede in ontwikkelende lande te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ek dink dit het tyd geword dat ek vir my ‘n ander selfoonverskaffer kry. Die geld wat ek ten durste betaal vir my selfoon word nou al aangewend om iemand soos Dlamini-Zuma, wat miljoene rande vergoed word vir die lekker possie, se huis vir haar te meubileerr. Genade ons kan sy nie eers haar eie geld gebruik om vir haar meubels te koop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.