Hosni Mubarak, die voormalige Egiptiese president, is Saterdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Hy is skuldig bevind op klagtes van korrupsie en dat hy beveel het dat mense wat teen hom betoog het, doodgemaak word.
Mubarak is die eerste Arabiese leier wat in sy eie land deur sy eie mense gevonnis is. Die Egiptiese staatstelevisie het die vonnisoplegging van Mubarak, asook dié van sy seuns en ander veiligheidsbeamptes, regstreeks uitgesaai.