Mubarak pleit onskuldig op aanklagte

President Jacob Zuma saam met Hosni Mubarak tydens 'n besoek aan Egipte verlede jaar. Foto: GCIS

Die voormalige president van Egipte, Hosni Mubarak, en sy twee seuns het vanoggend onskuldig gepleit op aanklagte van onder meer moord en korrupsie.

Die aanklagte spruit uit die opstande vroeër vanjaar in die land waartydens talle betogers dood is. Mubarak is tydens die opstande na meer as 30 jaar aan bewind uit die kussings gelig. Die 83-jarige Mubarak en sy seuns, Gamal en Alaa, verskyn onder streng veiligheid by die polisie-akademie in die hoofstad Kaïro. Mubarak word daarvan aangekla dat hy tydens die opstande betogers laat vermoor het. Indien Mubarak en sy seuns skuldig bevind word kan hulle die doodstraf opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.