Muden-moorde: Taakspan aangestel om moordenaars op te spoor

ʼn Volskaalse soektog is onderweg na ʼn groep van vyf mans wat Saterdag ses gesinslede in Muden, naby Greytown in KwaZulu-Natal, uitgewis het.

Maroela Media het Saterdag berig ʼn gesin van vyf broers en hul neef is Saterdag in die vroeë oggendure deur vyf gewapende mans uitgewis. Volgens kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 03:00 plaasgevind terwyl almal geslaap het.

“ʼn Groep mans het die slagoffers se huis betree en met AK47-aanvalsgewere op die slagoffers losgebrand. Ses mans, waaronder drie tieners, is in die skietery dood. Drie ander kinders het die aanval oorleef. ʼn Volwassene wat in ʼn rondawel langs die huis geslaap het, het ook die aanval oorleef,” het Mdunge gesê. Die verdagtes het niks van die toneel gesteel nie.

ʼn Spesiale taakspan is deur die polisie saamgestel om die saak te ondersoek. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.