Robert Mugabe, president van Zimbabwe, het Donderdag sy 89ste verjaarsdag gevier en gesê hy het steeds ‘n “Goddelike taak” om sy land te dien.
Mugabe, wat die land sedert onafhanklikheid in 1980 lei, sê hy het 89 diere as ‘n verjaardaggeskenk van Gideon Gono, hoof van die land se sentrale bank, ontvang. Staatsbeheerde media het advertensies publiseer waarin Mugabe vereer word. Hy het onderneem om later dié jaar weer aan die verkiesing deel te neem. Sosiale mediaforums in Zimbabwe was vol kommentaar vir en teen die president, wat glo gesondheidsprobleme ervaar en herhaaldelik Asië vir mediese behandeling besoek het.
Dis ietwat voorbarig van Robert Mugabe om te verwys na ‘n “Goddelike taak” wat hy het om sy land te regeer. Menslik gesproke het dit gedurende sy regeertyd in baie opsigte nie baie goed met Zimbabwe gegaan nie. Finansieël is die staatskas jare gelede reeds uitgeroei, internasionaal is die land grootliks geïsoleer en op sosiaal maatskaplike vlak is inwoners in baie opsigte benadeel vanweë sy grondgryp- beleid en verder het die bestaans- en oorlewingsmoontlikhede van miljoene inwoners verswak – inteendeel groot dele van die bevolking is aangewese op internasionale voedselhulp terwyl duisendes werkloos is.
In die lig van die voorgenoemde donker prentjie van Zimbabwe, moet Mugabe liewer nabetragting hou en indien hy eerlik is, sal hy agterkom dat, vanweë sy gerieflike lewe in prag en praal, sy uitsig op die omstandighede van sy mense, redelik verdof het en hy nie die verval en agteruigang meer raaksien nie.
Hitler van Afrika