Mugabe kap Mandela in TV-onderhoud

President Robert Mugabe van Zimbabwe het oudpresident Nelson Mandela tydens ʼn televisie-onderhoud gekap oor sy versoeningsbeleide en gesê hy is “te veel van ‘n heilige”.

The Sunday Independent berig dat Mugabe die uitlatings tydens ʼn onderhoud met Dali Tambo gemaak het. “Mandela het ʼn bietjie te ver gegaan om goed te doen vir nie-swart gemeenskappe, in sommige gevalle tot nadeel van [swart mense],” het Mugabe gesê. “Dit is te heilig, te goed, te veel van ‘n heilige.” Die onderhoud vir Tambo se program People of the South sal volgende Sondag uitgesaai word. Volgens The Sunday Independent sluit die onderhoud ook beeldmateriaal van die Mugabe-familie, waaronder Mugabe se vrou Grace, in. Tambo het die onderhoud net voor Kersfees in Zimbabwe opgeneem en het verlede week die finale program vir die Mugabe-familie gewys. Die Sunday Times berig dat Mugabe ook in die onderhoud gesê het dat dit nog nie tyd is vir hom om te gaan nie en dat Zimbabwe hom steeds nodig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erika ·

Mabida is ‘n MENS mens, en nie ‘n skynheilige nie, nie soos sommige mense nie. Madiba stel ‘n voorbeeld vir wit, swart, bruin. Mugabe is baie beslis ‘n RASSIS!!! Los ons Madiba uit!!!!

E Roos ·

Ek wonder soms siende hoe goed Mugabe lyk geen grys hare en min plooie of hy nie ‘n proefkonyn is vir een of ander land wat betref ‘n verjongingskuur of hulle het hom dalk gekloon want een of ander tyd moet hy tog ouderdom wys en bietjie die drade verloor. Dog maar net ek se………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.