Mugabe onderneem om “oor te gee”

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Robert Mugabe, president van Zimbabwe, het Dinsdag onderneem om uit te tree indien hy Woensdag die verkiesing verloor.

“As jy verloor moet jy oorgee,” het die 89-jarige gesê. Mugabe regeer Zimbabwe al die afgelope 33 jaar ononderbroke sedert die land onafhanklikheid van Brittanje bekom het. Maar hy ontken enige pogings om met die verkiesing te knoei.

Mugabe en Morgan Tsvangirai, eerste minister van Zimbabwe, kom Woensdag teen mekaar te staan in die verkiesing nadat ‘n koalisie-regering ná ‘n gewelddadige verkiesing in 2008 afgedwing is.

Tsvangirai se Movement for Democratic Change (MDC) het Dinsdag glo dokumentêre bewyse van verkiesingknoeiery aan waarnemers van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) oorhandig. Die dokument het glo ten minste 125 duplikaat of twyfelagtige kiesers op die kiesersrol. Die MDC sê hy het minder as 24 uur voor die stembusse oopmaak, eers ‘n afskrif van die kiesersrol ontvang. “Boonop is die kiesersrol in gedrukte formaat en kan dit nie maklik [elektronies] deursoek word nie,” het die MDC gesê.

Beamptes van Zimbabwe se verkiesingskommissie was nie beskikbaar om op die aantygings te reageer nie.

Die Research and Advocacy Unit, ‘n nie-regeringsorganisasie, het in Junie berig dat die kiesersrol een miljoen kiesers ingesluit het wat reeds dood is of emigreer het, sowel as meer as 100 000 mense wat ouer as 100 is. Sowat 6.4 miljoen mense is geregistreer om Woensdag in die eerste ronde te stem en die uitslag word binne vyf dae verwag.

Luidens ‘n opname wat onder 800 Zimbabwiërs gedoen is, het 61% aangedui dat hulle ten gunste van MDC sal stem, in vergelyking met 27% wat aangedui het dat hulle vir Mugabe se ZANU-PF sal stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

H J Bester ·

Mugabe se openbare verklaring dat hy sal uittree sou hy die verkiesing verloor, is ‘n weldeurdagte leuen welwetend dat daar alreeds ‘n grootskaalse knoeiery plaasgevind het om die verkiesing te wen.

Mugabe is ‘n bedrieër en sal alles in die stryd werp, al is dit om blatant te verneuk, om die bewind te behou en die presidentstoel te behou. Hy doen dit op die tipiese Afrika-styl waar onderdrukking en manipulering van die massas asook knoeiery aan die orde is.

Dries ·

Wat ‘n grap!!! Dink die nar vir een oomblik dat enige iemand hom glo. Dis nes die aap in Potchefstroom wat weier om te loop al het die hof hom beveel!!!

Ek is soooooooooooooo gatvol vir hierdie sirkus, maar nou ja, wat kan mens daaraan doen??? Solank die meerderheid stemgeregtigdes ongeletterd is, sal dit voortduur

javr ·

Die enigste tyd wat dit gaan gebeur is as hy 6 voet onder lê!!!! Hy dink almal het sy intelligensie vlak om hom te glo!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.