Mugabe se ‘verjaarsdagbeeste’ gesteel

Argieffoto

Twee provinsiale regeringsbeamptes van Zimbabwe is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn nadat hulle glo 10 beeste gesteel het wat bedoel was vir president Robert Mugabe se verjaarsdagvieringe.

Die staatsaanklaer beweer dat die 10 beeste deur ʼn boer geskenk is vir Mugabe se verjaardagvieringe. “Hulle het onwettig en met die bedoeling om te steel, die beeste vir eie gewin gebruik en daardeur veediefstal gepleeg.” Mike Madiro en Dorothy Mabika ontken egter die aanklagte teen hulle. Die twee mans sal weer op 22 Mei in die hof verskyn. Mugabe, wat in Februarie 89 jaar oud geword het, vier elke jaar sy verjaarsdag met ʼn openbare byeenkoms wat deur die Zanu-PF-jeugliga gereël word. Gideon Gono, hoof van die Zimbabwiese sentrale bank en bondgenoot van Mugabe, het vir Mugabe 89 beeste gegee vir sy verjaarsdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.