Mugabe stem vir homself

Die verkiesing is ʼn geleentheid vir Zimbabwiërs om te kies wat “vry en regverdig is”, het president Robert Mugabe Woensdag gesê toe hy sy stem ingehandig het.

“Dit is ʼn geleentheid vir die nasie om hul eie wense te demonstreer oor wat moet gebeur. Die nasie kan dit doen deur ʼn party te kies wat, volgens hulle eie mening, aan hul wense sal voldoen. Met ander woorde, ʼn party wat vir hulle ʼn beter lewe kan gee. Ek stem vir myself,” het hy gesê voor hy by die stemlokaal ingegaan het.

Op ʼn vraag oor wat hy sou doen as hy weer tot president verkies word, het hy geantwoord: “Ek het baie goed om te doen. Bedrywe wat in duie gestort het benodig herstelwerk en daar is baie werk in die mynbedryf wat verrig moet word.”

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Daar is niks snaaks daaraan dat hy vir homself gestem het nie, enige kandidaat in enige verkiesing stem vir hom/haarself. Dit is hoe dit gedoen word tensy die kandidaat nie genoeg vertroue in hom/haarself of die party het nie, maar ek kan nie dink dat al ooit gebeur het nie

Seg Net ·

Die ou vark is seniel en kan nie meer reg dink nie, of kon nog nooit reg gedink het nie. Rhodesië was destyds ‘n baie vooruitstrewende en welvarende land tot die swart gemors aan bewind gekom het. Dit is dieselfde met hierdie reënboog nasie van ons waarvan Wit nie in die kleur van die reënboog voorkom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.