Mugabe verskyn in openbaar

robert-mugabe1President Robert Mugabe van Zimbabwe het sy eerste openbare verskyning die jaar gemaak en gerugte dat hy dood is die nekslag toegedien.

Zimbabwe se staatsbeheerde televisie het Maandag beeldmateriaal van Mugabe uitgesaai waar hy regeringsbeamptes groet by sy amptelike woning in Harare. Die beamptes het hul meegevoel kom betuig met die afsterwe van Mugabe se suster, Bridget (78). Sy was die afgelope drie jaar in ʼn koma nadat sy by ʼn ander suster se begrafnis inmekaargesak het. Mugabe se verskyning het onlangse gerugte dat hy oorlede is die nekslag toegedien. Mugabe, wat volgende maand 90 jaar oud word, neem jaarliks in Januarie verlof. Hy het glo hierdie keer vroeg teruggekeer weens sy suster se gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eben ·

Is daardie beeldmateriaal eg? Daardie mense is almal kop en een mus met hom. Net regering beamptes? Huh …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.