Mugabe word vandag ingesweer

President Robert Mugabe (middel) en sy vrou, Grace op 16 Julie 2013 Foto: voanews.com

Zimbabwe se veteraan leier, Robert Mugabe (89), word vandag [Donderdag] vir die volgende vyf jaar as president van die land ingesweer. Mugabe se party, ZANU-PF, het sy teenstander, eerste minister Morgan Tsvangirai van die MDC-party, tydens die land se onlangse veelbesproke verkiesing gewen.

Die “swierige” seremonie gaan by die land se grootste sportstadion plaasvind wat 60 000 mense kan akkommodeer. Altesaam 40 leiers is na die geleentheid genooi, waaronder adj.pres. Kgalema Motlanthe van Suid-Afrika. Leiers van Tanzanië, Botswana, Mosambiek, Namibië en Zambië gaan ook die geleentheid bywoon.

Tsvangirai gaan die verrigtinge boikot en hou voet by stuk dat die verkiesings geknoei is. ʼn Uitspraak in die konstitusionele hof het ná die verkiesing bevestig dat Mugabe as president verklaar moet word en dat die verkiesing “vry, regverdig en geloofwaardig” was en dat die uitslag “die vrye wil van die mense van Zimbabwe weerspieël”.

Organiseerders van die geleentheid het gesê sy inswering gaan soortgelyk wees aan die een in 1980, toe hy as eerste minister van die onafhanklike Zimbabwe ingesweer is.

Dit sal gepaard gaan met ʼn musiekkonsert met onder andere kunstenaars van Suid-Afrika, Zambië en Jamaika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.