Mulder verdedig uitsprake oor grond

Dr Pieter Mulder. Foto: GCIS

Die leier van die Vryheidsfront Plus, dr Pieter Mulder, het sy omstrede uitlatings oor grond verdedig.

Mulder het tydens ʼn onderhoud met die Sunday Independent gesê dat hy misverstaan word deur sy kritici. Hy sê hy het reageer op argumente dat witmense grond gesteel het. “Tegnies kan niemand aanspraak maak op grond in Suid-Afrika nie. Ons het ʼn ingewikkelde stelsel. Niemand kan sê dit is in totaal my grond nie.” Mulder sê sy argument is op geskiedenis gebaseer. “Toe witmense in die Wes-Kaap aangekom het, was daar Khoi mense, nie swartmense nie. In die Wes-Kaap kla bruinmense dat hulle nie bevorder word in die departement van korrektiewe dienste nie, maar die ANC gebruik die grond in vraag.” Mulder het ook sy gebruik van die woord “Bantoe” verdedig deur te sê dit is ʼn internasionaal erkende woord en dat dit hom kwaad dat hy as ʼn rassis uitgemaak word. “Hoekom sou ek die [regerings] pos aanvaar het as ek ʼn rassis was? Ek raak regtig kwaad daaroor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.