Muldersdrift-misdaad eis nog ʼn lewe

Nog ʼn Muldersdrift-inwoner het Saterdag sy lewe verloor in die toenemende misdaad in die gebied.

ʼn 55-jarige man is Saterdagaand buite sy huis doodgeskiet. Volgens ʼn polisiebeampte wat op die toneel was, het die man en sy buurman glo ondersoek ingestel nadat die buurman se honde aanhoudend geblaf het. Hulle het op  ʼn onbekende aantal mans afgekom, waarna die inwoner doodgeskiet is. Niks is tydens die voorval gesteel nie.

“Kort ná die voorval was daar weer ʼn huisroof in die omgewing, en ons vermoed dis dieselfde  bende. ʼn Polisiehelikopter en die polisie se honde-eenheid is na die toneel gestuur,” het die beampte aan Maroela Media gesê.

Ao. Solomon Sibiya, die polisiewoordvoerder wat tydens die voorval aan diens was, kon nie teen Maandag bereik word om die slagoffer se naam bekend te maak nie.

Buiten dié voorval het minstens nege slagoffers die afgelope tyd onder ernstige geweld in die omgewing deurgeloop.

Lees ook:
Nog ʼn Muldersdrift-inwoner doodgeskiet
Nóg ʼn aanval in Muldersdrift
‘Muldersdrift’-bende in die hof
Vyf vas oor gewelddadige misdade in Muldersdrift
Rowers ontvoer Muldersdrift-man
Muldersdrift-inwoners leef “in vrees”
Man vas na hoewe-aanval in Muldersdrift
Nóg ’n man vermoor in Muldersdrift
“My pa was ʼn held wat ons almal opgepas het”
Muldersdrift-slagoffer sterf
Krugersdorp-skoolmeisie sterf tydens rooftog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mina ·

stadig maar seker is hulle besig om ons blanke bevolking uit te roei en hulle kom weg met moord draai die storie om dan sien jy hoe vinnig weet die hele wereld daarvan dan kan hulle vinnig optree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.