Muldersdrift-slagoffer sterf

André Jordaan, die 50-jarige man wat sewe keer in sy bolyf deur rowers by sy huis in Muldersdrift, buite Johannesburg, geskiet is, het Saterdagaand gesterf.

Jordaan het by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto aan sy beserings beswyk, berig EWN. Ten minste twee mense is die afgelope week en ‘n half in Muldersdrift vermoor, waarvan een ‘n 13-jarige meisie was. Jordaan se familie sê reg moet nou geskied. “Almal is geskok. Ek weet nie wat om te sê nie,” het André se broer, Jean-Pierre Jordaan, gesê.

Die polisie het drie mans in hegtenis geneem nadat hulle met gesteelde goedere uit die huis betrap is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kopkrap ·

Die sogenaamde georganiseerde oposisie “neem kennis” van sulke gevalle en sal “deur die nodige kanale” hulle “weerstand en afkeuring” aan toon van die sognaamde “onbillike en ontbrekende aksie” van regeringskant.

Die “georganiseerde oposisie” is eintlik net ‘n eufinisme vir “stilswyende goedkeuring”.

Watter organisasie het al in die afgelope 18 jaar die draak by die hart aangeval? Die meeste dink dat uiterse persoonlike gevegte die draak deur middel van sy vingernaels te knip, by die hart uiteindelik te kom. Dit is reeds te laat daarvoor.

Wat van die verskoning vir behoorlike burgerlike beveiliging, naamlik Gemeenskapsforums, word behoortlik aangeval vir wat dit is?

Die Gemeenskapsforums is net daar as weerligafleier vir die amptenare om te se hulle doen “iets”, want blykbaar is die standaard wat verwag word so laag dat “iets” genoeg is. Die Gemeenskapsforums het hulle self nou bewys as onbevoeg, dit is nou nodig om, as die staat nie bereid is om dit te doen nie, die burgery te bemagtig om dit self te doen.

Maar die ander forums sal eerder vir ‘n “struggle song” hof toe gaan, sonder afdwingbaarheid, en sonder om die draak by die hart aan te val.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.