Mumbai-bendeverkragting: Vyfde verdagte vas

Die polisie in Mumbai, Indië het Sondag die vyfde en finale lid van ʼn bende wat glo ʼn jong vroulike fotograaf verkrag het, in hegtenis geneem.

Die vyfde verdagte is Sondag in Nieu-Delhi in hegtenis geneem. Die eerste verdagte is Vrydag in hegtenis geneem terwyl nog twee Saterdag in hegtenis geneem is. Die vierde en vyfde verdagtes is Sondag in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 30 Augustus. Een van die verdagtes is glo 16 jaar oud.

Die fotograaf is glo opdrag gegee om foto’s van ʼn ou verlate tekstielfabriek in die suide van Mumbai te gaan neem, toe vyf mans haar en haar kollegas konfronteer het. Hulle het glo aangebied om te help dat hulle toestemming kry om in die fabriek foto’s te neem. Die mans het haar manlike kollegas se hande met gordels vasgebind waarna hulle haar om die beurt verkrag het. Die vrou, in haar 20’s, is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Die voorval kom agt maande nadat ʼn vroulike student op ʼn bus deur ʼn bende verkrag is terwyl haar vriend erg aangerand is. Die student het twee weke na die voorval aan haar beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

akram ·

Dsi goed dat die booswigte aangekeer word. maak nie saak wat se kultuur, kleur of etniese groep n persoon is nie, sulke mense moet aangekeer word. Stats toon n ander prentjie van die aantaal sake wat suksesvol opgeloos word. Uitsprake van die sake is, baie jammer, ook n skok. bittermin skuldig bevindings word verkry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.