Munisipale beampte glo betaal vir ‘niks doen’

ʼn Werknemer van die Ekurhuleni-munisipaliteit word glo reeds die afgelope ses jaar betaal om niks te doen nie.

Die Sowetan berig dat Rejoice Marota elke oggend omstreeks 8:30 by die munisipaliteit se kantore in Boksburg opdaag waarna sy lees, tee drink, middagete eet en dan om 16:30 weer huis toe gaan. Volgens die berig het Marota niks om te doen nie aangesien sy nie ʼn pos het nie. Marota verdien ʼn bruto salaris van R15 000 per maand en neem sowat R9 600 huis toe. Sy kry ook sedert 2007 jaarliks verhogings en bonusse. Volgens die berig het dit belastingbetalers reeds R1,8 miljoen uit die sak gejaag. Marota het aan die koerant gesê dat sy gefrustreerd is. “Ek wag al vir jare om geplaas te word maar niks gebeur nie.” Samuel Modiba, woordvoerder van die munisipaliteit, sê Marota is na die finansiële departement oorgeplaas. “Die proses om vir haar ʼn alternatiewe posisie te verseker gaan voort en ‘n aantal opsies word oorweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.