Munisipale beampte jok glo oor ingenieurskwalifikasie

‘n Senior munisipale beampte van Limpopo wat van bedrog aangekla is, is Donderdag op R50 000 borg vrygelaat.

“Die beampte moet op 22 Februarie weer in die landdroshof in Tzaneen verskyn,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. Itumeleng Charmaine Letwaba (30) is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo vervalsde kwalifikasies gebruik het om aangestel te word. Sy was ‘n senior beampte in die waterwese afdeling van die Mopani-streeksmunisipaliteit. Haar jaarlikse salaris het sowat R2.5 miljoen beloop.

Mulaudzi sê sy werk sedert November 2009 vir die departement. Sy het verlede jaar aansoek gedoen vir ‘n pos by die Waterberg-munisipaliteit, en is uitgevang toe dié munisipaliteit haar kwalifikasie in ingenieurswese by die Tshwane Universiteit van Tegnologie wou bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.