Munisipale bestuurder vas oor aanranding

Die munisipale bestuurder van die Senqu-munisipaliteit is in Lady Grey in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van aanranding.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê Mxolisi Yowa is Dinsdag saam met drie ander mense in hegtenis geneem. Ramaloko sê ʼn ondersoekbeampte van die Valke is glo aangerand toe hy by Yowa se kantoor was om dokumente te kry rakende ʼn bedrogsaak wat teen Yowa ondersoek word. ʼn Direkteur in die departement, ʼn prokureur en die burgemeester se lyfwag is ook in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklagte van aanranding, inmenging en verset teen arrestasie. Ramaloko sê die ondersoek na bedrog hou verband met ʼn kwotasie wat Yowa vir die munisipaliteit gegee het nadat hy van Aliwal Noord getrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.