
Die polisie in Kaapstad hou Maandag 'n wakende oog oor munisiplae werkers wat staak weens loonverhogings. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA
Die werkers eis ʼn 18% loonverhoging of R2 000. Volgens berigte het ʼn groot groep Samwu-lede gister se staking geboikot. Die stakende werkers se werkgewer, die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga), het gesê hy is aangenaam verras deur die aantal werkers wat vir werk opgedaag het. In Kaapstad het stakende werkers Maandag teen asblikke geslaan en vullis aan die brand gesteek buite die stadsraad se kantore. In Bloemfontein het werkers aan ʼn vreedsame optog na die Bram Fischer-gebou deelgeneem. In Pretoria het slegs sowat 17% van werkers nie opgedaag vir werk nie. In KwaZulu-Natal het stakende werkers eerder tuis gebly as om die koue weer te trotseer. Samwu het Salga se ses persent loonaanbod verwerp.