Munisipaliteit vermis twee baie duur pale

Argieffoto

Twee houtpale ter waarde van R3.05 miljoen het glo vermis geraak by die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes.

Die pale is op die munisipaliteit se bateregister aangedui, maar Terence Nombembe, ouditeur-generaal, en sy span kon hulle nie opspoor toe hulle die munisipaliteit verlede jaar geoudit het nie, het City Press Sondag berig.
Die pale, wat gebruik word om kragkabels aan mekaar te verbind, is glo in Oukasie, ‘n informele nedersetting in Brits, opgerig.

Die bateregister het die koste van ‘n 11m-paal as R1.2 miljoen aangedui en ‘n 9m-paal as R1.85 miljoen. ‘n Bron in die elektrisiteitsbedryf het egter gesê dat die gemiddelde prys van ‘n 11m-paal sowat R1 000 is en ‘n 9m-paal ongeveer R550.

Luidens die ouditeur-generaal se tussentydse bestuursverslag is die pale slegs twee items op die bateregister wat nie opgespoor kon word nie. Die totale waarde van bates wat vermis word of waarvan daar nie rekenskap gegee kan word nie, beloop R1 miljard. Ander items was “grond vir parkering” teen R1.1 miljoen, ‘n besoekerstoel teen R828, en ‘n kantoor en toilet van nagenoeg R1 miljoen.

Die munisipaliteit het aan die koerant gesê hy het nie ‘n volledige afskrif van die verslag nie, en toe gesê die syfers hou nie net verband met die twee pale nie, maar alle pale wat vir die elektrisiteitsprojek gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bets Joubert ·

Dan is almal van ons mos in die verkeerde beroep, ons moet bome plant, om pale te voorsien……….daardie pale het lank reeds n vuurgestook om kos gaar te maak, want die mense in die informele nedersettings besef mos nie die waarde van enige iets nie, en die ergste is hulle betaal bir niks terwyl ons, ons asse af betaal aan alles wat ons benodig en gebruik. Jy kan hom uit die bos haal……….maar noooooiiit die bos uit hom!

Flash ·

Julle verstaan nie! Die BEE verskaffir kry seker R1, 999 miljoen per paal omdat hy swart is, en hy word gevrywaar om die pale te verskaf.
So daar het nie R3,05 miljoen verdwyn nie, alles is reg!
Of dit is as gevolg van die naletenskap van Apartheid dat die pale nie in die plakkerskamp opgedaag het nie. Die pale diskrimineer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.