Munisipaliteit wil winkeleienaar dagvaar

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Die eThekwini-munisipaliteit wil Ravi Jagadasan, wie se maatskappy die Tongaat-winkelsentrum gebou het wat verlede maand ineengestort het, dagvaar vir minagting van die hof, het The Star Donderdag berig.

Die stad het die Durbanse hooggeregshof ook versoek om Jagadasan se maatskappy, Rectangle Property Investments, ‘n boete op te lê.

Twee konstruksiewerkers is dood en 29 is beseer toe die gebou ineengestort het.

Volgens die berig sal die aansoek oor minagting van die hof in Februarie aangehoor word. Die maatskappy voer aan die maatskappy het ‘n interimbevel en finale bevel ignoreer wat teen die maatskappy gebring is om konstruksie aan die winkelsentrum te staak.

Jagadasan het in ‘n repliek op die aansoek gesê daar is “geen gevaar vir lede van die publiek of enige ander persoon in verband met hierdie projek nie”. Hy het ook beweer die aansoek om ‘n interdik te bekom is ‘n “misbruik van die regsproses”.

Die munisipaliteit het glo gesê Jagadasan moet aanspreeklik gehou word, aangesien hy die maatskappy beheer en veroorsaak het dat die maatskappy die hofbevel verontagsaam het.
-SAPA

Lees ook:
Tongaat-winkelsentrum: Vermiste persoon onder puin opgespoor
Tongaat-winkelsentrum moontlik gesloop
Nog een vermis ná winkelsentrum ineenstort
Glo geen goedgekeurde bouplanne vir Tongaat-winkelsentrum
Ondersoek ná winkelsentrum ineenstort
Minstens een dood, talle beseer na winkelsentrum ineenstort
Foto’s: 50 werkers moontlik in winkelsentrum vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.