Munisipaliteite skuld Eskom miljoene

gloeilamp 3Munisipaliteite regoor die land skuld Eskom glo meer as R1.4 miljard in agterstallige elektrisiteitsrekeninge.

“Altesaam 90 munisipaliteite was op 31 Augustus vanjaar langer as 60 dae agterstallig en 52 munisipaliteite was 90 dae agterstallig,” het Lechesa Tsenoli, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gesê.

Die totale uitstaande bedrag vir 60 dae is R470.8 miljoen; R362.7 miljoen vir 90 dae en R570 miljoen vir munisipaliteite wat langer as 90 dae agterstallig is.

“ʼn Taakspan hanteer die probleem,” het Tsenoli gesê.

Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê dat munisipaliteite in Mpumalanga die meeste skuld (R485 miljoen), gevolg deur die Vrystaat (R466 miljoen) en dan Gauteng (R162 miljoen). “Die DA sal ʼn versoek aan Pravin Gordhan [minister van finansies] rig dat die Nasionale Tesourie as bemiddelaar sal optree tussen Eskom en die munisipaliteite,” het Jacques Smalle, DA-LP, gesê.

Eskom het verlede week vir die eerste keer sedert 2008 ʼn noodtoestand in sy kragvoorsiening aangekondig en ʼn beurtkragskedule publiseer as ʼn “voorkomingsmaatreël”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Somerset (Sommie) Morkel ·

Gaan die staat sy eie maatskappy uit-bail? Staatsmaatskappye werk eenvoudig nie, weens swak bestuur.

Peter Says ·

Sommie, nee hulle gaan dit van ons die verbruiker verhaal.

Peter Says ·

AmY, pragtig jou getroue landsburger !!! Maar onthou ook een ding, jou rekening kan eensklaps – x2 word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.