Munisipaliteite stel “knalvrye sones” in teen vuurwerke

Foto: Vuurwerke in Amsterdam ANP

Foto: Vuurwerke in Amsterdam ANP

Minstens 19 Nederlandse munisipaliteite het weens die “oorlas” van vuurwerke sones ingestel waarbinne geen vuurwerke afgevuur mag word nie. Elke Nuwejaarsdag word verskeie Nederlanders deur vuurwerke beseer en selfs vermink, terwyl groot skade aan eiendom aangerig word.

Elke munisipaliteit het sy eie motiverings verskaf vir die instel van vuurwerkvrye sones. By sommiges mag geen vuurwerke naby grasdakke afgevuur word nie, en by ander mag dit nie naby dagsorgsentrums vir kleuters afgevuur word nie.

In Suid-Afrika is dit onwettig om vuurwerke sonder ‘n permit, en onder streng voorwaardes in munisipale gebiede af te vuur. Talle troeteldiereienaars kla elke jaar oor die trauma waaraan hul diere weens die onwettige afvuur van vuurwerke blootgestel word. Talle diere word erg beseer in hul desperate pogings om van die lawaai te ontsnap.

Op Maroela se Facebook-blad het Hennie Albert (snr) geskryf hoe hy sy hond uit tralies moes lossny soos sy vir die vuurwerke probeer vlug het.

Meer as 86% van die deelnemers op Maroela Media se Klikbek het versoek dat daar geen vuurwerke afgevuur word nie ter wille van diere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek BID vir reen oujaar !

Elke jaar moet my honde slaappille gegee word om hulle te kalmeer – ek stem, VERBAN ALLE VUURWERKE.

Is dit nie ironies, mense wat dit die minste kan bekostig, betaal honderde rande vir klappers !

david ras ·

Dis nou wel in Nederland. Hoekom kan ons in SA nie doodeenvoudig die verkoop van vuurwerke verbied nie. Dit was ‘n aantal jare gelede die geval. Terselfdertyd kan ons munisipalitieite begin optree teen raserige motors en motorfietse. As ek reg onthou was daar ‘n maksimum perk van 83 db van toepassing. ‘n verkeersbampte wat ek ken vertel my dat ons plaaslike munisipaliteit nie eens meer oor so ‘n instrument beskik nie.
Terselfdertyd kan honed eienaars ook plan maak met hulle lawaaireirige diere, wat soms half beserk raak as iemand sy hond vir ‘n wandeling in die straat neem.
Nie dat ek saamstem nie, maar ‘n buurman meen die klappers wat mense afskiet is soos hy dit stel”payback time” teen die honde wat die rus verstoor..Ek meen dat hy dalk ‘n punt beet het !

Ria Maritz ·

David, ek verstaan jou buurman se frustrasie en redenasie, MAAR, om honde wat verskeur is te sien, is hartverskeurend.

Moet erken, ek is keelvol vir die bure wie se honde deurnag blaf en die EIENAARS te gevrek is om selfs net op te staan !

Pompies ·

Ja David, en as al die ONSKULDIGE DIERE kon praat en vir jou kou se dit “Payback Time?????” Word wakker my maat, want die diere vra nie daarvoor nie. Ek het ook honde en glo my, as hulle vir hulle eie gatte sit en blaf, is ‘n vehewe stem al wat werk, maak nie saak watter tyd van die dag of nag dit is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.