Museumvaas flenters toe besoeker kiekie neem

Groningen vaas

Die vaas in die museum

‘n Besoeker aan die Groningermuseum in Nederland het die naweek ʼn vaas aan stukke laat spat toe hy ʼn foto wou neem.

Die besoeker wou ‘n foto in die museum se inligtingsentrum neem, maar toe hy ‘n tree agteruit gee om ʼn wyer hoek te kry, het hy ‘n meter hoë vaas wat tagtig kilogram weeg, laat omkantel.

Die vaas het “met veel kabaal” op die marmervloer in stukke gespat, skryf die koerant Trouw.

Die vaas was gelukkig nie ‘n antieke vaas uit die Ooste nie, maar is spesiaal vir die vertrek gemaak deur die bekende Spaanse kunstenaar, Jaime Hayon.

Terwyl die museum nog kyk of die “ontzettend zonde” van die versekering verhaal kan word – al is niemand seker hoeveel die vaas werd was nie – is ‘n plaasvervangende vaas reeds by Hayson bestel.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Griet ·

My ma het altyd gesê: “Kyk waar jy loop, moenie loop waar jy kyk nie!!”

G@TVOL ·

Aan “AmY”,
Dit sal nie met jou gebeur nie,,, solank jy jou boudjies vir jouself hou en nie vir almal wil”show” nie… lol.
Hoe anders stamp n mens iets van agter wanneer jy n foto wil neem?

Daai boud daai boud daai,,, lekker boud. Daai boud daai boud hy/sy’s,,, lekker stout ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.