Musiekonderwyseres in Ermelo vermoor

Annamarie Birke, ʼn 41-jarige musiekonderwyseres van Hoërskool Ermelo, is Vrydagoggend in haar huis in Ermelo, Mpumalanga, vermoor.

Volgens kaptein Carla Prinsloo, ʼn polisiewoordvoerder, het Birke se man vanoggend omstreeks 08:00 op haar liggaam afgekom. “Sy het ʼn snywond aan haar keel gehad en is vyf keer in die maag met ʼn skerp voorwerp gesteek,” het Prinsloo aan Maroela Media gesê.

“Geen wapen is op die toneel gevind nie. Daar is wel tekens van ʼn worsteling in die huis,” het sy gesê. Prinsloo het gesê in dié stadium lyk dit of net ʼn selfoon gesteel is. Een verdagte is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem en word tans ondervra. Die polisie ondersoek ʼn klagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gustav Venter

Dié soort voorval oorweldig my. Dit is in reaksie daaroor wat ek my roman, “Die Amigdala van Alrina Smal” wat volgende week deur Praag vrygestel word, geskryf het. Elke keer as ek dink ek was te kras in my oordeel in die boek, gebeur so iets, en dan weet ek dit was nodig om die boek te skryf. En dan hou die dwase aan praat van “integrasie” en “transformasie…”

Trix

Dink met innige simpatie aan die familie.

Shanelie marais

Dit is deur die soort van dinge dat mense so rasisties raak in vandag se lewe sekere ras groepe kan maak nes hulle wil en kom weg met n opgeskorte vonis of n ligte tronkstraf maar laat n ander ras dit doen dan kry hulle lewens lank !!!!!!

magriet jacobs

Dit is baie hartseer en ons bid vir al die familie en vriende en vir die oortreder !

madi lindholm

Ek dra jule op m gebede ek wens di dood straf wil terug kom dat n mens net n bietji veiliger kan voel in jo eie huis dis ni regverdig ni elke mens het di reg om te lewe juff mag juff in rus en vrede rus en mag di warheid hier uit kom en mag dai ene di straf kry wat hy kon uit deel my hart is baie seer ek kan dit ni glo ni dis so onwerklik om tronk toe te gaan is niks vir hule ni want hule kom net weer uit en gaan doen dit… Lees meer »