Musikant borgtog geweier

Brickz: Foto: SAPA

Brickz: Foto: SAPA

Die Roodepoortse landdroshof in Gauteng het Dinsdag uitspraak gelewer in die kwaito-musikant, Brickz, se borgtogverhoor.

Landdros Piet Kotze het gesê borgtog vir Brickz, oftewel Sipho Charles Ndlovu, word geweier omdat daar oortuigende bewyse is dat die moontlikheid bestaan dat Brickz die getuies sal intimideer.

Brickz is sedert 1 November in aanhouding nadat hy glo ʼn 17-jarige meisie in Maart verkrag het. Brickz het in ʼn verklaring ontken dat hy die meisie verkrag het en het aangedui dat hy onskuldig gaan pleit.

Die saak is tot 5 Desember uitgestel.

Lees ook:
Musikant hoor dalk môre oor borg
Musikant in hof oor verkragting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.