Musikant in hof oor verkragting

Brickz: Foto: SAPA

Brickz: Foto: SAPA

Die aansoek om borgtog van die kwaito-sanger Brickz, wat daarvan aangekla word dat hy ʼn minderjarige verkrag het, is Woensdag in die Roodepoortse landdroshof uitgestel.

Landdros Piet Kotze het gesê hy kort meer bewyse voordat hy ʼn uitspraak kan maak.

Kotze het gesê die staat en Brickz se verdedigingspan het teenstrydige beëdigde verklarings aan die hof voorgelê.

Brickz, wie se regte naam Sipho Charles Ndlovu is, is sedert 1 November in aanhouding nadat hy na bewering ʼn 16-jarige meisie in Maart verkrag het.

Brickz ontken dat hy die meisie verkrag het en het aangedui dat hy onskuldig gaan pleit.

Die saak is tot 15 November uitgestel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg ·

Al wanneer hierdie verkragters borg moet kry is as die gemeenskap toegelaat moet word om met die gemors af te reken, want die hof doen dit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.