Musikant in koma gemoker oor sigaret

GeertsDie Vlaamse folk-musikant, Stijn Geerts, is deur rowers in ‘n koma geslaan omdat hy glo nie sigarette by hom gehad het nie.

Die voorval het in Sint Niklaas in België plaasgevind. Geerts is met ʼn skedelbreuk en bloeding op die brein in ‘n hospitaal opgeneem, waar sy toestand aanvanklik as kritiek beskryf is, maar intussen gestabiliseer het. Die polisie is op die spoor van die rooklustige rowers.

Dit is dié maand presies ‘n 100 jaar sedert die eerste fabriekvervaardigde sigarette op die mark gekom het. In die VSA het die gebruik van sigarette sedert 1981 weens die gevare van dampies slaan met ongeveer die helfte afgeneem. Geerts se aanvaller het klaarblyklik nog nie gehoor hoe gevaarlik sigarette vir hul gesondheid is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.