Musikant-skietery: Beamptes vas; “ontvoerde” sakeman opgespoor

Khuli Chana se voertuig. Foto: Verskaf

Khuli Chana se voertuig. Foto: Verskaf

ʼn Aanklagte van poging tot moord is teen die polisiebeamptes aanhangig gemaak wat Maandag in die vroeë oggendure ʼn musikant in Midrand geskiet en gewond het.

“Die dossier gaan aan die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gestuur word vir ʼn onafhanklike ondersoek,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, Dinsdag gesê. “Alle beamptes wat by die voorval betrokke was, is aangesê om hulself vir ʼn ondersoek voor te berei.”

Dit is in die stadium nog nie bekend hoeveel beamptes deur Opod ondersoek gaan word nie.

Maroela Media het Maandag berig Khulan Morule, ook bekend as Khuli Chana, ʼn 31-jarige kletsrymer wat al verskeie toekennings vir sy musiek ontvang het, is deur beamptes van ʼn ongemerkte polisieminibus geskiet.

Die beamptes van Bedfordview het glo ʼn voertuig van ʼn vermeende ontvoerder ingewag, en Khuli se luukse voertuig as die verdagte motor aangesien. Lees meer hier.

Die binnekant van Khuli se voertuig.

Die binnekant van Khuli se voertuig.

Intussen is die vermeende ontvoerder Maandag in hegtenis geneem. “ʼn Polisiebeampte, in sy 30s, is in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering en afpersing,” het Dlamini verder gesê.

ʼn 9mm-pistool is in sy besit gevind en hy is in hegtenis geneem op ʼn aanklag van huisbraak en ontvoering. Dié beampte moet Woensdag in die hof verskyn. Die ontvoerde slagoffer, ʼn sakeman van Bedfordview, is Maandag in Pretoria opgespoor. ʼn Losprys van R100 000 is vir Khulan Morule, ook bekend as Khuli Chana sy vrylating geëis. “Hy is ná ʼn huisbraak in Bedfordview ontvoer en is later in Pretoria afgelaai. Hy is ongedeerd na die Atteridgeville-polisiestasie geneem.”

Die ondersoeke duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

toekels ·

Hierdie berig maak geen sin nie. Dit klink of die sanger en die ontvoerde dieselfde persoon is of verstaan ek net verkeerd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.