Musikant soek vergoeding ná polisie hom skiet

'n Foto van hoe Chana se voertuig ná die skietery gelyk het.

‘n Foto van hoe Chana se voertuig ná die skietery gelyk het.

Die hip-hop-musikant, Khuli Chana, se agentskap het gesê die polisie moet vergoeding betaal nadat hulle hom geskiet en gewond het, en hy gevolglik ʼn konsert misgeloop het.

“Chana het ʼn siviele saak teen die polisie aanhangig gemaak en as deel van die saak het sy prokureurs Vrydag ʼn brief aan Nathi Mthethwa, die minister van polisie, gestuur waarin hulle die besonderhede van die betrokke aand uitgelig het. Hulle het ook daarop gewys dat Chana inkomste verloor het weens die skietery en het vermeld hy is van voornemens om die geld via litigasie te verhaal,” het die agentskap namens hom gesê.

Die polisie het op 28 Oktober op die musikant se voertuig geskiet nadat hy glo nie stilgehou het by ʼn padblokkade naby ʼn vulstasie op die N1-snelweg naby Midrand nie. Chana is in sy hand en rug getref. Die polisie was glo op soek na ʼn groep mans wat ʼn sakeman van Bedfordview ontvoer het. Losprysgeld vir die sakeman moes by die vulstasie afgehaal word. ʼn Polisiebeampte is intussen in hegtenis geneem en word van ontvoering aangekla.

Lees ook:
Chana-ondersoek duur voort
Ontvoeringsdrama: Musikant ook aangekla
Polisieman vas oor ontvoering
Musikant wou glo polisiemanne omry
Musikant-skietery: Beamptes vas; “ontvoerde” sakeman opgespoor
Polisie skiet op musikant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

elsa vorster ·

Die poliSie kan nie sommer losbrand op mense nie ek hoop hulle word getraf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.