Die jazz-muskant, Victor Ntoni, is Maandag op 66-jarige ouderdom ʼn Johannesburgse hospitaal dood ná ʼn hartaanval.
Victor se voormalige vrou, Linda Ntoni , het aan The Star gesê hy is Donderdag in die hospitaal opgeneem nadat hy aanhoudend gehoes het. “Hy het vog in sy longe gehad,” het sy gesê.
Hy het in die hospitaal gebly vir waarneming, maar het Maandag ineengestort. “Dokters het vir 45 minute probeer om hom by te bring, maar dit was onsuksesvol omdat hy reeds baie swak was,” het sy gesê.
Hy laat ses kinders en talle agterkleinkinders na.
– Sapa