Musikant sterf

Martin Labuschagne met Jan Blohm in die agtergrond. Foto: Facebook

Martin Labuschagne, ook bekend as Basvanger, wat vir die sanger Jan Blohm baskitaar gespeel het, is Woensdagoggend dood.

Labuschagne, ʼn inwoner van Alberton, was vir twee weke lank in ‘n kritieke toestand in die Alberton-Uniehospitaal nadat hy ʼn ernstige infeksie opgedoen het. Septisemie is by hom gediagnoseer. Septisemie word deur ‘n bakterieë in die bloed veroorsaak.

Jan Blohm het Woensdag op Facebook gesê: “Dit is vir ons bitter hartseer om julle mee te deel dat Martin vanoggend 02:00 oorlede is, of soos hy sou sê, ‘uit die vlees uit’. Ons het ‘n briljante musikant, boesemvriend en dierbare mens verloor. Ons is stukkend! Martin het die afgelope 6 jaar vir my baskitaar gespeel. Hy was meer famous as ek. :-) Hy was net so deel van die Jan Blohm brand soos ek. Ons gaan jou mis vriend! Ons is bitter lief vir jou!” [sic]

Begrafnisreëlings is nog nie in die stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.