Musikant wou glo polisiemanne omry

Khuli Chana

Khuli Chana

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) wou nie kommentaar lewer oor berigte dat die musikant, Khuli Chana, glo polisiebeamptes wou omry voordat hy geskiet is nie.

“Die voorval het net twee dae gelede plaasgevind, die ondersoek is steeds aan die gang,” het Moses Dlamini, woordvoerder vir Opod, gesê.

Khulane Morule, beter bekend as Khuli Chana, is deur vriende van ʼn ontvoeringslagoffer van Bedfordview as ʼn “leuenaar” bestempel, het The Star berig.

Die prokureur vir een van die vriende van die Bedfordview-sakeman het aan die koerant gesê Chana het probeer om die beamptes, wat hom by die vulstasie wou aftrek, om te ry. Die prokureur, Eric Bryer, het gesê sy kliënt het die skietery sien gebeur en het Chana ʼn “idioot en leuenaar” genoem ná Chana se weergawe van die voorval aan die lig gekom het. Die vriende sal in die hof getuig.

Chana is Maandag by die Caltex-vulstasie langs die N1-snelweg in Midrand deur polisiebeamptes geskiet. Die polisie het sy voertuig vir dié van ʼn ontvoerder aangesien. Opod ondersoek die skietery. Die beamptes staar aanklagte van poging tot moord in die gesig.

ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Germiston-streekshof verskyn op aanklag van ontvoering en uitbuiting.

-SAPA

Lees ook:
Musikant-skietery: Beamptes vas; “ontvoerde” sakeman opgespoor
Polisie skiet op musikant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.