Muti eis sy tol op aasvoëls

Argieffoto.

Argieffoto.

Suid-Afrika se aasvoëls word bedreig deur tradisionele gelowe wat glo ʼn aasvoël se kop as muti gee ʼn persoon spesiale magte, het The Times Dinsdag berig.

Gerhard Verdoon, die direkteur van die Griffon Poison Information Centre, het gesê daar is ʼn dramatiese toename in die hoeveelheid aasvoëls wat vir muti doodgemaak word.

“Gewoonlik moes tradisionele geneeshere self die voël doodmaak om die nodige magte te kry, maar dit word nou so gekommersialiseer dat alle beginsels verwerp word,” het Verdoon gesê.

Daar word onder andere geglo dat, om op die kop van ʼn aasvoël te slaap, ʼn mens die vermoë gee om in die toekoms in te sien en om die regte loterynommers of sportresultate te kan voorspel.

Verlede week is twee mans tot twee jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle twee witbek-aasvoëls en ʼn arend in die begin van die jaar in KwaZulu-Natal gestroop het.

In Junie is die karkasse van 48 Kaapse Griffon-aasvoëls en ʼn witbek-aasvoël naby Swartberg in dieselfde provinsie gevind. Die voëls is almal vergiftig.

“Terwyl die wêreldwye bevolking van die witrenoster ongeveer 20 000 is, staan die totaal van die Kaapse Griffon-aasvoëls op minder as 10 000.”

ʼn Studie wat deur die Endangered Wildlife Trust gedoen is, het bevind dat die Kaapse Griffon-aasvoël in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Lesotho tot so min as 44 in 53 jaar uitgemoor kan word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willy ·

Watse mites het hierdie kleingelowiges? Hoe laag moet ‘n IK nie wees om aan hierdie mites te glo.
En dan sit ons natuurlewe opgeskeep met laeklas Taiwanese ook.

Eben ·

Ons sit met n stortkop as prez wat weer glo na onbeskermde seks moet jy net loop stort dan kry jy nie aids. Ons sit met n eks gesondheids minister wat glo beet vreet genees aids. Dus sal die armsallige swart nasie nooit reg kom. Kommin verby … sommer vêr verby

Trippie ·

Liewers laat as nooit – hallo Eben ! Ek en Willy het jou gemis jong.

***

Jy het van Marikana se arme ” haas-slagting” ook vergeet, en o-ja, as die “ancestors” praat, met hulle luister.

SwartMag ·

Madam Trippie ek sien u en Mnr. Willy is heel danig met mekaar. Net ‘n opmerking, geen bedoelings indien u dink ek gooi dalk my flikkers vir u. Voordat u moontlik ander gedagtes kry, ek is baie gelukkig getroud en in die fleur van ons lewens in die Nuwe Suid Afrika en deel van die Reënboog nasie.

Ek dink u sal met my volgende stelling saamstem. Die boere is vir die lot van die Aasvoëls verantwoordelik. Hulle besit die grond en plase. Dit is hulle wat gif uitgooi vir die ongediertes wat maai onder hulle vee en sodoende alles vergiftig. Nou word die arme swartman weer as skuldige uitgekryt. Dit is hoog tyd dar blankes in hierdie land hulle verantwoordelikhede begin besef.

Trippie ·

Jy’s van jou sinne beroof !

Ek is ‘n gelukkige, getroude vrou. Ook moeder van drie (3) BOERE-SEUNS (nogal ‘n drieling).

JAVR ·

“Ongediertes” sê jy? So jy is eintlik een van die wat die arme diere so uitmoor? Hoeveel koppe het jy onder jou kussing maat?
Laat ons jou net gou bietjie opvoed aangaande die witmense, ons hoef nie soos Zuma en vennote met almal in die bed te sping net omdat hulle vriendelik is nie en in elk geval dink ek ‘n Pelindaba klip sal meer aantrekkingskrag hê vir Trippie as jy. Mens is gewoonlik aangetrek na iemand met intelligensie!

Willy ·

Hallo Eben. Bly jy is weer terug in die span. Haha ek en Trippie sukkel maar om die mas alleen op te kom.

JAVR ·

Gesels weer more. Trippie hoop jy is opgewerk vir ou swartlapgat! Sterkte! Willy help bietjie hoor maar ek dink Trippie kan haar vrou staan!

Trippie ·

VERSEKER JAVR – staal het nie dikte nodig nie … een van my “famous quotes”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.